Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:27-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Ek gaan vir julle lag wanneer angssoos ’n storm oor julle losbreek,wanneer benoudheid julle trefsoos ’n stormwind en julle in swaarmoedigheid verval.

28. Dan sal hulle na my begin roep om hulp, maar ek sal my nie daaraan steur nie. Hulle sal desperaat na my soek, maar hulle sal my nie vind nie.

29. Van my kennis wou hulle mos niks weet nie. Respek vir die Herewou hulle mos nie betoon nie.

30. Hulle het my raad geïgnoreer. Omdat ek hulle wou reghelp, het hulle my mos verag.

31. Hulle sal moet sluk aan die gevolge van hulle optrede.Hulle sal maar moet saamleef met die gevolge van hulle eie dade.

32. “Dwase draai van my af wegna die dood toe. Die gekke se dwalingkos hulle die dood. Deur hulle selfvoldaanheid word die dwase vernietig.

33. Elkeen wat na my luister, sal veilig wees.Vir rampe hoef hy nie bang te wees nie.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1