Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:12-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Ons wil hulle lewendig laat verdwyn, net soos in ’n graf, soos gesonde mense wat in die dood wegsink.

13. Ons wil baie waardevolle dingebekom, ons huise vol maak met alles wat ons buit.

14. Word een van ons! Dan deel ons in die buit.”

15. My seun, met hullemoet jy nie saamgaan nie. Bly ver van die pad waarop hulle loop.

16. Hulle loop agter kwaad aan. Hulle kan skaars wag om iemand te vermoor.

17. Wanneer ’n voël sien daar is vir hom ’n wip gestel,dan vlieg hy mos weg.

18. Maar hierdie mense stel vir hulleself ’n hinderlaag op. Hulle soek self na hulle dood.

19. So gaan dit met elkeenwat met geweld ryk wil word: sulke rykdom verwoes die lewe van die een wat dit verkry.

20. Wysheid staan en roep op die straat. Op die stadspleine roep sy hardop.

21. Sy roep by die plekke waar mense bymekaarkom. Sy praat by die ingangevan die stadspoorte. Haar boodskap is:

22. “Hoe lank gaan julle domkoppe nog bly klou aan julle domheid? Hoe lank gaan die spotters aanhou met hulle gepratery? Hoe lank gaan die swape kennis bly verwerp?

23. “As julle reageer op my berisping, sal ek my gees op julle uitstort. Ek sal my woordeaan julle bekendmaak.

24. Ek het na julle geroep, maar julle wou nie luister nie. Ek het my hand uitgesteek na julle,maar julle het dit nie gevat nie.

25. My raad het julle geïgnoreer. Julle wou nie toelaatdat julle reggehelp word nie.

26. Daarom gaan ek lag wanneer ongeluk julle tref. Ek gaan met julle spot wanneer angs julle oorval.

27. Ek gaan vir julle lag wanneer angssoos ’n storm oor julle losbreek,wanneer benoudheid julle trefsoos ’n stormwind en julle in swaarmoedigheid verval.

28. Dan sal hulle na my begin roep om hulp, maar ek sal my nie daaraan steur nie. Hulle sal desperaat na my soek, maar hulle sal my nie vind nie.

29. Van my kennis wou hulle mos niks weet nie. Respek vir die Herewou hulle mos nie betoon nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1