Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie is die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel.

2. Die doel van hierdie spreuke is om mense wysheid te leeren hulle te onderrig. Dit sal hulle help om wyse woorde te verstaan.

3. Deur hierdie woorde sal hulle dissipline leer en weet hoe om regverdig, reg en billik op te tree.

4. Iemand wat nog onervare is, sal verstandig word. Die spreuke sal jongmense kennis geeen onderskeidingsvermoë.

5. Laat selfs hulle wat wys is, luister na die spreuke sodat hulle tot dieper insig kan kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die lewenskuns aanleer

6. om die spreuke en sinspelings, die woorde en raaisels van wyse mense te begryp.

7. Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.

8. My seun, luisterna wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie.

9. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek.

10. My seun, as goddelose mense jou wil ompraat, moenie na hulle luister nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1