hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jerusalem se sonde en herstel

1. Wee die eiesinnige Jerusalem,besoedelde stad van verdrukking.

2. Hulle is ongehoorsaamen wil nie reggehelp word nie.Hulle vertrou nie op die Here nie,en aanbid nie hulle God nie.

3. Die stadsleiers is soos brullende leeus wat jag maak op hulle prooi.Die regters is wolwe wat snags aas soeken teen die môre niks oorlaat nie.

4. Die profete is verwaande leuenaarswat net hulle eie voordeel soek.Die priesters verontreinig die tempelen oortree God se voorskrifte.

5. Maar die Here bly nog in die stad.Hy doen geen onreg nie.Dag vir dag is sy uitsprake regverdig,elke nuwe dag sonder uitsondering.Maar niemand sien dit raak nie,en goddelosesken geen skaamte nie.

6. “Ek het baie nasies uitgeroei,hulle verdedigingsmure vernietig.Ek het hulle strate so beskadigdat hulle onbegaanbaar is.Ek het hulle stede só verwoesdat geen inwoners oor is nie.Hulle is heeltemal verlate.

7. Ek het gedink:‘Nou sal hulle My eer en respekteer! Hulle sal my voorskrifte nou seker met erns beskou.Dan sou dit nie nodig weesom die stad weer te tref nie.’Maar die teendeel is waar.Hoe swaar Ek hulle ook al straf,met ywer gaan hulle voort om sondige dinge te doen.”

8. Maar nou sê die Here:“Wees geduldig,want die tyd breek aan vir Myom met regspraak te begin.Ek sal die nasies versamelen koninkryke bymekaarmaak.My toorn en brandende woedesal Ek oor hulle uitstort.Die hele aarde sal verteer worddeur die vuur van my woede.

9. “Dan sal Ek die volke’n suiwer taal geesodat hulle almal die Here aanroepen Hom saam aanbid.

10. Selfs my volk wat verstrooi istot oorkant die riviere van Etiopiësal kom om vir My offers te bring.

11. Dan hoef julle nie langerskaam te wees vir wat julle gedoen het toe julle teen Myin opstand gekom het nie.Ek sal ontslae raak van hoogmoedigesen arrogante mense onder julle.Julle sal nie meer vol verwaandheidop my tempelberg aanbid nie.

12. Ek sal eenvoudiges en behoeftigesonder julle laat oorbly.Hulle sal op die Here vertrou.

13. Die mense van Israel wat oorbly,sal nie verkeerde dinge doen nie. Hulle sal nie leuens vertel nieen mekaar ook nie bedrieg nie.Hulle sal soos skape rustig weien gaan lê om te slaapsonder om vir iemand bang te wees.”

14. Sing, Jerusalem!Skree hard, o Israel!Wees bly en juig met oorgawe,dogter van Jerusalem!

15. Die Here sal julle nie meer straf nie.Hy sal julle vyande verdryf.Die Here is Koning van Israel.Hy is by julle.Julle hoef nie meer enige rampete vrees nie.

16. Daardie dag sal vir Jerusalemgesê word:“Moenie bang wees nie, Sion!Moenie moedeloos word nie.

17. Die Here jou God is by julle.Hy is ’n magtige Verlosser.Hy is buitengewoon bly oor julle.Sy liefde sal julle rustig maak.Met uitroepe van vreugdesal Hy oor julle jubel.”

18. “Dié wat treur, maak Ek bymekaar,ver van die plek van ontmoeting.Dit is hulle wat uit jou voortkomen swaar dra aan die skande.

19. Ek sal in dié tyd afreken met almalwat julle onderdruk het,Ek sal die hulpelose mense help.Ek sal die verstrooides terugbring.Dié wat verneder is in ander lande,hulle naam sal Ek in eer herstel.

20. Op die regte tydsal Ek julle bymekaarmaaken julle terugbring huis toe.Ek sal sorg dat volke van die wêreldjulle weer agen met respek behandel.Julle sal met julle eie oë sienhoe Ek julle lot verander, sê die Here!”