Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 1:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Sefanja was die seun van Kusi, wat weer die seun van Gedalja was. Gedalja was die seun van Amarja, en hy was weer die seun van Hiskia. Die Here het boodskappe vir Sefanja gegee toe Josia, die seun van Amon, koning van Juda was.

2. Die Here sê: “Ek gaan alles op aarde wegneem:

3. mens en dier,die voëls van die hemelen die visse in die see.Ek laat die goddeloses struikelen vee hulle van die aarde af.Ek, die Here, sê so!

4. Juda en die inwoners van Jerusalemgaan Ek straf.Ek gaan elke greintjie wat oor isvan die Baälaanbidding vernietig:die bestaan van die afgodspriestersen hulle priesterskap;

5. die mense wat op hulle dakke gaanen buig om die sterre te aanbid;die mense wat belowe om trou te weesaan die Here,maar terselfdertyd trou bewysaan Molek.

6. Ek gaan ook die mense vernietigwat My altyd aanbid het,maar dit nou nie meer doen nie. Hulle stel nie meer in die Here belang of raadpleeg Hom nie.”

7. Wees stil in die teenwoordigheidvan die oppermagtige Here,want die Here se oordeelsdag is naby.Die Here berei ’n offerfees voor,sy gaste het Hy reeds voorberei.

8. Die Here sê:“Op die dag van die offerfeessal Ek die leiers en die prinse straf.Ek sal ook die mense strafwat heidense gewoontes navolg.

9. Op dié dag sal Ek die mense strafwat deelneem aan heidense praktyke.Dit sluit mense in wat ander bedriegen geweld aandoensodat die huise van hulle meestersvol gemaak word met buit.”

10. Die Here sê ook:“Op dié dag sal hulpkrete opgaanby die Vispoortwat tot by die nuwer deel van die stadsal weerklink.Harde knalslaesal vanuit die heuwels opklink.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 1