Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 11:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Maak oop jou deure, Libanon, sodat vuur jou sederbome kan verbrand.

2. Huil, sipresbome, want die sederboom het geval, die grootste en die mooiste van almal. Huil, eikebome van Basan, as jy toekyk hoe digte bosse afgekap word.

3. Luister na die gehuil van die herders,want hulle rykdom is weg. Luister na die gebrul van jong leeus, want hulle pragtige bosse langs die Jordaanvallei is verwoes.

4. Dit is wat die Here my God sê: “Gaan en sorg vir ’n trop slagskape.

5. Die kopers sal hulle skape slag sonder enige skuldgevoel. Die verkopers sal sê: ‘Prys die Here, nou is ek ryk!’ Selfs die herders het geen meegevoel met hulle nie.

6. Net so sal Ek ook nie meer meegevoel hê met die inwoners van die land nie,” sê die Here. “Ek laat hulle in mekaar se kloue val en in die kloue van hulle koning. Hulle sal die land in ’n wildernis verander en Ek sal hulle nie red nie.”

7. Ek het toe die skape wat bedoel is om geslag te word, opgepas – veral die onderdrukte skape. Ek het twee herderskieries gevat, die een het ek Guns en die ander een Eenheid genoem.

8. In een maand het ek van drie slegte herders ontslae geraak. Ek het ongeduldig met die skape geword en hulle het ook vir my moeg geword.

9. Ek sê toe vir hulle: “Ek wil nie meer julle herder wees nie. Dié wat wil doodgaan, moet doodgaan. Laat dié wat wegraak, wegraak. Laat dié wat oorbly, mekaar verslind!”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 11