Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 10:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Toe het die Here woedend geword vir die Israeliete. Hy het hulle aan die Filistyne en die Ammoniete uitgelewer.

8. Hulle het die Israeliete wat oos van die Jordaan bly, in die gebied van die Amoriete in Gilead, agtien jaar lank onderdruk en hulle mishandel.

9. Die Ammoniete het ook die Jordaan oorgesteek om teen Juda, Benjamin en Efraim te gaan oorlog maak. Israel was in groot moeilikheid.

10. Die Israeliete het by die Here gepleit. Hulle het gebid: “Ons het teen U gesondig. Ons was nie getrou aan ons God nie. Ons het die Baäls aanbid.”

11. Die Here het die Israeliete geantwoord: “Ek het julle bevry toe die Egiptenaars, die Amoriete, die Ammoniete, die Filistyne,

12. die mense van Sidon, Amalek en Maon julle verdruk het. Julle het tot My gebid en Ek het julle uit hulle mag gered.

13. Maar julle het My nou al weer laat staan om ander gode te gaan aanbid. Ek gaan julle nie weer red nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 10