Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 10:2-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hy het Israel 23 jaar lank gelei. Hy is dood en is in Samir begrawe.

3. Ná hom het Jaïr uit Gilead Israel 22 jaar lank gelei.

4. Sy 30 seuns het elkeen op ’n donkie gery. Hulle het 30 dorpe in Gilead gehad. Dit word vandag nog die tentdorpe van Jaïr genoem.

5. Toe Jaïr sterf, is hy in Kamon begrawe.

6. Die Israeliete het maar weer begin doen wat verkeerd is vir die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes vereer en voor die gode van die Arameërs, die Sidoniërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne gebuig. Hulle het hulle rug op die Here gedraai. Hulle het Hom nie meer aanbid nie.

7. Toe het die Here woedend geword vir die Israeliete. Hy het hulle aan die Filistyne en die Ammoniete uitgelewer.

8. Hulle het die Israeliete wat oos van die Jordaan bly, in die gebied van die Amoriete in Gilead, agtien jaar lank onderdruk en hulle mishandel.

9. Die Ammoniete het ook die Jordaan oorgesteek om teen Juda, Benjamin en Efraim te gaan oorlog maak. Israel was in groot moeilikheid.

10. Die Israeliete het by die Here gepleit. Hulle het gebid: “Ons het teen U gesondig. Ons was nie getrou aan ons God nie. Ons het die Baäls aanbid.”

11. Die Here het die Israeliete geantwoord: “Ek het julle bevry toe die Egiptenaars, die Amoriete, die Ammoniete, die Filistyne,

12. die mense van Sidon, Amalek en Maon julle verdruk het. Julle het tot My gebid en Ek het julle uit hulle mag gered.

13. Maar julle het My nou al weer laat staan om ander gode te gaan aanbid. Ek gaan julle nie weer red nie.

14. Gaan kerm nou by die gode wat julle vir julleself gekies het. Laat hulle julle uit die moeilikheid red!”

15. Maar die Israeliete het gesoebat by die Here: “Ons het gesondig! Maak met ons soos U wil. Red ons tog net vandag!”

Lees volledige hoofstuk Rigters 10