Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 99:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. U is die magtige koningwat die reg liefhet.U het opregtheid gevestig,en reg en geregtigheid in Jakob.

5. Loof die Here ons God!Aanbid Hom by sy voete,want Hy is heilig!

6. Moses en Aäron was onder sy priesters,Samuel het sy Naam aangeroep.Hulle het die Hereom hulp geroepen Hy het hulle gebed verhoor.

7. In ’n wolkkolom het Hy gepraat,en sy bevele en voorskriftewat Hy gegee het,het hulle gehoorsaam.

8. Here ons God,U het hulle geantwoord.U was vir hulle ’n God wat vergewe,maar ook Een wat hulle oortredings straf.

9. Loof die Here ons God!Dien Hom op sy heilige berg,want die Here ons God is heilig!

Lees volledige hoofstuk Psalms 99