Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 99:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Groot is die Here in Sion,hoog verhewe bokant al die volke.

3. Hulle moet u Naam verheerlik;dis groot en ontsagwekkend.Heilig is Hy!

4. U is die magtige koningwat die reg liefhet.U het opregtheid gevestig,en reg en geregtigheid in Jakob.

5. Loof die Here ons God!Aanbid Hom by sy voete,want Hy is heilig!

6. Moses en Aäron was onder sy priesters,Samuel het sy Naam aangeroep.Hulle het die Hereom hulp geroepen Hy het hulle gebed verhoor.

7. In ’n wolkkolom het Hy gepraat,en sy bevele en voorskriftewat Hy gegee het,het hulle gehoorsaam.

Lees volledige hoofstuk Psalms 99