Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 98:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Sing vir die Here ’n nuwe lied,want Hy het wonders gedoen.Hy het verlossing bewerkmet sy krag en Goddelike mag.

2. Die Here het sy redding aangekondig.Voor die oë van die nasieshet Hy sy regverdigheid getoon.

3. Hy het sy liefde en trouteenoor die huis van Israel onthou.Ons God se redding was sigbaartot aan die uithoeke van die aarde.

4. Laat die hele aarde die Here loof.Breek uit in sang, sing van vreugde!

5. Bring lof aan die Heremet die lier,met lier en met sang,

6. met trompette en ramshoring.Juig tot eer van die Here, die Koning.

7. Die see en alles daarin moet druis, die wêreld en almal wat daarin woon.

8. Die riviere moet hande klap,die berge moet jubel

9. voor die Here.Want Hy kom om die aarde te oordeel.Hy sal die wêreld regverdig oordeel,en die volke met billikheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 98