Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 97:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Almal wat beelde vereer,is tot skande gebring,almal wat roem op hulle nietige afgode;want alle gode moet voor Hom buig.

8. Sion het dit gehoor en is bly,en die stede van Juda juigoor u oordele, Here!

9. Want U, Here,is hoog verhewe bo die hele aarde;U is verhewe ver bo alle gode.

10. Julle wat die Here liefhet,haat dan wat boos is!Hy beskerm die lewe van sy getroues,Hy red hulleuit die mag van goddeloses.

11. Oor regverdigesskyn daar lig,en daar is blydskap vir hulle wat opreg is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 97