Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 97:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here regeer! Laat die aarde juig.Laat die talle eilande bly wees.

2. Wolke en duisternis omring Hom.Reg en geregtigheid is die grondslag van sy troon.

3. Vuur gaan voor Hom uiten al sy teenstanders verbrand.

4. Sy weerligte verlig die wêreld.Die aarde sien dit en bewe.

5. Berge smelt soos was voor die Here,voor die Here van die hele wêreld.

6. Die hemele verkondig sy geregtigheid;elke volk sien sy heerlikheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 97