Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 95:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die see is Syne; Hy het dit gemaak.Sy hande het die droë grond gevorm.

6. Kom, laat ons aanbid en neerbuig,en kniel voor die Hereons Maker,

7. Hy is ons God en ons is sy volk,die skape onder sy sorg.Ag, dat julle vandag na Hom sal luister!

8. Moenie julle harte verhardsoos destyds by Meriba,soos by Massa in die woestyn nie.

9. Daar het julle voorouers My beproef, My getoets,al het hulle my werke gesien.

10. 40 jaar lank het Ek ’n afkeer gehad aan hierdie geslag,en Ek het gesê: “Dis ’n volk wat ontrou bly.Hulle ken nie my paaie nie.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 95