Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 94:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. God wat onreg oordeel, Here,God van oordeel, vertoon tog Uself!

2. Kom, Regter van die aarde!Vergeld die hoogmoedigesvolgens wat hulle verdien.

3. Hoe lank, Here, sal die goddeloses,hoe lank sal die goddeloses seëvier?

4. Hulle borrel oor met astrante woorde;al die boosdoeners spog daarmee.

5. Hulle vertrap u volk, Here,en verdruk dié wat aan U behoort.

6. Weduwees en vreemdelingebring hulle om die lewe,en weeskinders maak hulle dood.

7. Hulle sê: “Die Here sien dit nie;die God van Jakob bemerk dit nie.”

8. Dink weer, julle onnoseles!Wanneer word julle wys, dwase?

9. Is Hy wat die ore gemaak het, doof?Is Hy wat die oë gevorm het, blind?

10. Sou Hy wat die nasies straf,dan nie straf nie?Sou Hy wat onderrig,aan kennis ontbreek?

Lees volledige hoofstuk Psalms 94