Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 92:2-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Dit is goed om die Here te dank,om u Naam te loof, Allerhoogste;

3. om soggens u goedheid aan te kondig,en in die aand u getrouheid,

4. met snaarinstrumente,met die harp en die begeleiding met die lier.

5. U groot dade maak my bly, Here!Ek juig oor u handewerk.

6. Hoe groot is u werke, Here!Hoe diep is u gedagtes!

7. Net ’n onkundige sal dit nie weet nie!Net ’n dwaassal dit nie verstaan nie!

8. Die goddeloses floreer soos onkruid,en boosdoeners woeker met sukses;tog sal hulle vir goed vernietig word.

9. Maar U is hoog verhewe.U, Here, bestaan vir ewig.

10. Maar u vyande, Here,u vyande sal sekerlik vergaan.Alle boosdoeners sal verstrooi word.

11. U maak my sterk soos ’n buffel.U salf my met vars olie.

12. Ek sal die einde van my vyande sien.Ek sal hoor sonder om te vreeswanneer boosdoeners teen my opstaan.

13. Maar regverdiges sal blomsoos ’n palmboom,en welig groeisoos ’n seder van die Libanon.

14. Geplant in die Here se huis,groei hulle weelderigin die voorhowe van ons God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 92