2. Dit is goed om die Here te dank,om u Naam te loof, Allerhoogste;
3. om soggens u goedheid aan te kondig,en in die aand u getrouheid,
4. met snaarinstrumente,met die harp en die begeleiding met die lier.
5. U groot dade maak my bly, Here!Ek juig oor u handewerk.
6. Hoe groot is u werke, Here!Hoe diep is u gedagtes!
7. Net ’n onkundige sal dit nie weet nie!Net ’n dwaassal dit nie verstaan nie!
8. Die goddeloses floreer soos onkruid,en boosdoeners woeker met sukses;tog sal hulle vir goed vernietig word.
9. Maar U is hoog verhewe.U, Here, bestaan vir ewig.
10. Maar u vyande, Here,u vyande sal sekerlik vergaan.Alle boosdoeners sal verstrooi word.
11. U maak my sterk soos ’n buffel.U salf my met vars olie.
12. Ek sal die einde van my vyande sien.Ek sal hoor sonder om te vreeswanneer boosdoeners teen my opstaan.