Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 90:4-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Vir U is duisend jaar soos gister wat verbygaan,soos ’n nagwaak wat gou verby is!

5. U vee mense wegsoos drome wat verdwyn,soos gras wat in die oggend opkom:

6. Soggens skiet dit op en groei,in die aand verdroog dit en verwelk.

7. Inderdaad, ons kwyn weg onder u toorn;ons is oorweldig deur u woede.

8. Ons sondes is oop en bloot voor U,ons geheime sondes word bekendin die lig van u teenwoordigheid.

9. Al ons dae gaan verby onder u toorn,ons eindig ons lewe soos ’n sug.

10. Die getal van ons jarekan 70 wees,of as ons sterk is, 80.Maar selfs die beste daarvanis vol swaarkry en verdriet.Die lewe is gou verby,en ons bestaan nie meer nie.

11. Wie ken die krag van u toorn?Wie ken die vrees van u woede?

12. Leer ons ons dae só gebruikdat ons wysheid kan bekom.

13. Kom terug, Here!Hoe lank gaan U nog uitstel?Ontferm U tog oor u dienaars!

14. Vul ons met u genade in die oggend,dan sing ons van vreugde al ons dae.

15. Gee ons vreugde na al ons lyding,na al die jare van onheilwat ons beleef het.

16. Laat al u dienaars u werke sien,en hulle kinders u heerlikheid.

17. En mag die Here ons Godsy goedheid aan ons bewys,en die werk van ons hande bevestig.Ja, bevestig die werk van ons hande!

Lees volledige hoofstuk Psalms 90