Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. In die hemelse vergaderingis daar groot ontsag vir God.Hy is meer ontsagwekkendas hulle wat Hom omring.

9. Here, God die Almagtige,wie is magtig soos U, Here?U is omring deur u getrouheid.

10. U heers oor die bruisende oseane.As die golwe styg, laat U dit bedaar.

11. U het vir Rahab vernietig,met u sterke arm u vyande verdryf.

12. Aan U behoort die hemel,die aarde is u besitting,die wêreld en alles daarin –dit alles het U gemaak.

13. U het noord en suid gemaak,Tabor en Hermon prys u Naam.

14. U arm is toegerus met mag,u hand is sterk,u regterhand is omhoog!

15. Geregtigheid en regis die fondament van u troon.Onfeilbare trou en waarheidis tot u diens.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89