Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:48-53 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

48. Dink tog hoe verganklik is die lewe.Is die skepping van die mensdan ’n nuttelose daad?

49. Watter mens kan lewesonder om die dood te sien?Wie kan homself reduit die mag van die doderyk? Sela

50. Here, waar is u liefde van vroeërwat U in u troumet ’n eed aan Dawid beloof het?

51. Dink tog, Here,aan die vernedering van u dienaars,hoe ek in my hartdie beledigingsvan baie volke dra.

52. Hulle wat spot, is u vyande, Here,hulle bespot elke tree van u gesalfde.

53. Lof aan die Here vir altyd!Amen, ja, amen!

Lees volledige hoofstuk Psalms 89