Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:40-53 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

40. U het u verbond met hom laat vaar,U het sy kroon op die grond vertrap.

41. U het al sy stadsmure afgebreeken sy vestings in puinhope verander.

42. Elkeen wat verbykom, beroof hom,terwyl sy bure hom bespot.

43. U het sy vyande laat triomfeer,al sy teenstanders laat jubel.

44. U het sy swaard nutteloos gemaak,hom nie bygestaan in die geveg nie.

45. U het sy grootsheid beëindigen sy troon op die grond gegooi.

46. U het hom oud voor sy tyd gemaaken hom met vernedering oordek. Sela

47. Hoe lank nog, Here?Sal U Uself vir altyd verberg,en u toorn soos vuur laat brand?

48. Dink tog hoe verganklik is die lewe.Is die skepping van die mensdan ’n nuttelose daad?

49. Watter mens kan lewesonder om die dood te sien?Wie kan homself reduit die mag van die doderyk? Sela

50. Here, waar is u liefde van vroeërwat U in u troumet ’n eed aan Dawid beloof het?

51. Dink tog, Here,aan die vernedering van u dienaars,hoe ek in my hartdie beledigingsvan baie volke dra.

52. Hulle wat spot, is u vyande, Here,hulle bespot elke tree van u gesalfde.

53. Lof aan die Here vir altyd!Amen, ja, amen!

Lees volledige hoofstuk Psalms 89