Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:4-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. U het gesê:“Ek het ’n verbond gesluitmet my uitverkorene.Ek het ’n eed afgelêvir Dawid, my dienaar:

5. ‘Ek sal jou nageslagvir altyd as konings vestig,en jou troon bouvan geslag tot geslag.’” Sela

6. Here, die hemel prys u wondermag;die hemelse wesensprys u trou.

7. Want wie in die hemelkan met die Herevergelyk word?Wie onder die hemelse wesensis soos die Here?

8. In die hemelse vergaderingis daar groot ontsag vir God.Hy is meer ontsagwekkendas hulle wat Hom omring.

9. Here, God die Almagtige,wie is magtig soos U, Here?U is omring deur u getrouheid.

10. U heers oor die bruisende oseane.As die golwe styg, laat U dit bedaar.

11. U het vir Rahab vernietig,met u sterke arm u vyande verdryf.

12. Aan U behoort die hemel,die aarde is u besitting,die wêreld en alles daarin –dit alles het U gemaak.

13. U het noord en suid gemaak,Tabor en Hermon prys u Naam.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89