Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:32-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. as hulle nie my bepalings navolg,nie my bevele gehoorsaam nie,

33. dan sal Ek hulle eiesinnigheid straf,hulle oortredings swaar bestraf.

34. Maar my liefde vir homsal nooit ophou nie,en my trou aan homsal Ek nie wegneem nie.

35. Ek sal my verbond nie verbreek nie,en wat Ek beloof het, nie verander nie.

36. Ek het by my heiligheid ’n eed afgelê,en my belofte aan Dawidsal Ek nie verbreek nie.

37. Sy nakomelinge sal altyd daar wees,en sy troon sal blywend wees soos die son.

38. Soos die maan is dit daar vir altyd,’n getroue getuie in die lug!” Sela

Lees volledige hoofstuk Psalms 89