Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:16-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Geseënd is hullewat U met vreugde dien,wat lewe in die ligvan u teenwoordigheid, Here.

17. Hulle juig die hele dag oor u Naam,is verheug oor u regverdigheid.

18. U is hulle kragtige roem.Deur u goedheid is ons sterk.

19. Die Here is ons beskermer,die Heilige van Israel is ons koning.

20. Voorheen het U deur ’n visioenmet hulle wat aan U getrou is, gepraat en gesê:“Ek het hulp verleen aan ’n krygsman.Uit die gewone mensehet Ek die uitverkore een verhef.

21. Ek het my dienskneg Dawid gevind.Met heilige olie het Ek hom gesalf.

22. Met my hand sal Ek hom ondersteun,met my arm sal Ek hom sterk maak.

23. Vyande sal hom nie onderwerp nie,goddeloses sal homnie verdruk nie.

24. Ek sal sy vyande voor hom verpletteren sy haters verslaan.

25. My trou en liefde sal met hom wees,en deur my Naam sal hy oorwin.

26. Ek sal sy mag uitbrei tot by die see,en tot by die riviere.

27. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God,die rots van my redding.’

28. Ek sal hom my eersgeborene maak,die magtigste koning op aarde.

29. Ek sal vir altyd aan hom my trou betoon;my verbond met hom vas laat staan.

30. Ek sal ’n opvolger vir altyd bepaal;sy troon sal wees sonder einde,so lank as wat die hemel bestaan.

31. Maar as sy seuns my gebooie nalaaten nie in my weë wandel nie,

32. as hulle nie my bepalings navolg,nie my bevele gehoorsaam nie,

33. dan sal Ek hulle eiesinnigheid straf,hulle oortredings swaar bestraf.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89