Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:10-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. U heers oor die bruisende oseane.As die golwe styg, laat U dit bedaar.

11. U het vir Rahab vernietig,met u sterke arm u vyande verdryf.

12. Aan U behoort die hemel,die aarde is u besitting,die wêreld en alles daarin –dit alles het U gemaak.

13. U het noord en suid gemaak,Tabor en Hermon prys u Naam.

14. U arm is toegerus met mag,u hand is sterk,u regterhand is omhoog!

15. Geregtigheid en regis die fondament van u troon.Onfeilbare trou en waarheidis tot u diens.

16. Geseënd is hullewat U met vreugde dien,wat lewe in die ligvan u teenwoordigheid, Here.

17. Hulle juig die hele dag oor u Naam,is verheug oor u regverdigheid.

18. U is hulle kragtige roem.Deur u goedheid is ons sterk.

19. Die Here is ons beskermer,die Heilige van Israel is ons koning.

20. Voorheen het U deur ’n visioenmet hulle wat aan U getrou is, gepraat en gesê:“Ek het hulp verleen aan ’n krygsman.Uit die gewone mensehet Ek die uitverkore een verhef.

21. Ek het my dienskneg Dawid gevind.Met heilige olie het Ek hom gesalf.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89