4. Gee tog vir my blydskap,want na U is my verlange, Here.
5. U is waarlik goed, Here, U vergewe.U is vol liefde vir almalwat by U hulp soek.
6. Luister goed na my gebed, Here,gee tog ag op my hulpgeroep.
7. In tye wanneer ek in nood is,sal ek U aanroep,want U sal my antwoord.
8. Daar is nie ’n god soos U nie, Here.Niemand kan u werke naboots nie.
9. Al die nasies wat U gemaak het,sal kom en voor U neerbuig, Here;hulle sal u Naam verheerlik.
10. Want U is groot en doen wonderdade.U alleen is God.
11. Leer my u weë, Here,sodat ek in u waarheid kan wandel.Gee my ’n onverdeelde trouom so u Naam te dien.
12. Met my hele hart sal ek U prys,Here, my God.Ek sal u Naam vir altyd verheerlik,
13. want u liefde vir my is baie groot.U het my uit die doderyk gered.
14. O God, verwaande mensehet my aangeval.Geweldenaars wil my doodmaak,mense met geen agting vir U nie.
15. U, Here, is barmhartig en genadig,U is stadig om kwaad te word,vol liefde en trou.
16. Sien my raak en wees my genadig.Gee sterkte aan u dienaar,red die seun van u dienares.