Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 86:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister tog na my gebed, Here!Antwoord my,want ek is arm en ellendig.

2. Beskerm my, want ek is getrou aan U.Red my, want ek is u dienaar.U is my God op wie ek vertrou.

3. Wees my genadig, Here,want die hele dag roep ek tot U.

4. Gee tog vir my blydskap,want na U is my verlange, Here.

5. U is waarlik goed, Here, U vergewe.U is vol liefde vir almalwat by U hulp soek.

6. Luister goed na my gebed, Here,gee tog ag op my hulpgeroep.

7. In tye wanneer ek in nood is,sal ek U aanroep,want U sal my antwoord.

8. Daar is nie ’n god soos U nie, Here.Niemand kan u werke naboots nie.

9. Al die nasies wat U gemaak het,sal kom en voor U neerbuig, Here;hulle sal u Naam verheerlik.

10. Want U is groot en doen wonderdade.U alleen is God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 86