Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 85:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, U was goed vir u land.U het die lot van Jakob verander.

3. U het die skuld van u volk vergewe.U het al hulle sondeskwytgeskeld. Sela

4. U het u woede bedwing.U het u gloeiende toorn laat afkoel.

5. Herstel ons, God van ons redding.Laat vaar u woede teen ons.

6. Sal U altyd vir ons kwaad bly?Sal u woede dan voortduurvan geslag tot geslag?

7. Sal U nie ons weer laat herlewesodat u volk bly kan wees in U nie?

8. Laat ons u troue liefde ervaar, Here,en skenk ons u verlossing.

9. Ek sal luister na wat God die Here sê.Hy belowe vrede aan sy volken aan hulle wat getrou is.Laat hulle nie weer terugkeerna hulle dwase weë nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 85