Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 85:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, U was goed vir u land.U het die lot van Jakob verander.

3. U het die skuld van u volk vergewe.U het al hulle sondeskwytgeskeld. Sela

4. U het u woede bedwing.U het u gloeiende toorn laat afkoel.

5. Herstel ons, God van ons redding.Laat vaar u woede teen ons.

6. Sal U altyd vir ons kwaad bly?Sal u woede dan voortduurvan geslag tot geslag?

7. Sal U nie ons weer laat herlewesodat u volk bly kan wees in U nie?

8. Laat ons u troue liefde ervaar, Here,en skenk ons u verlossing.

Lees volledige hoofstuk Psalms 85