Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 84:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Gaan hulle deur ’n droë vallei,word dit omskep tot ’n fonteinedal.Vroeë reëns bring vir hulle seëninge.

8. Hulle kragte sal vermeerdertot hulle in Sion voor God verskyn.

9. Here God, die Almagtige,luister na my gebed.Luister, o God van Jakob! Sela

10. O God, ons beskermer, kyk tog,betoon genade aan u gesalfde!

11. Een dag in u tempelis beter as duisend elders!Ek staan liewer by die drumpelvan die huis van my Godas dat ek woonin huise van goddeloses.

12. ’n Son en skild is die Here God.Die Here gee genade en eer.Hy sal die goeie nie weerhouvan hulle wat doen wat reg is nie.

13. Here, die Almagtige,gelukkig is hy wat op U vertrou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 84