Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 84:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hoe lief het ek u woonplek,o Here, die Almagtige!

3. Here, ek verlang, ek hunkerna u woning.Met my hele wese, liggaam en gees,wil ek jubel oor die lewende God.

4. Selfs ’n mossie kry hier ’n plek,en die swaeltjie bou haar nesen maak haar kleintjies grootnaby u altare, Here, die Almagtige,my Koning en my God!

5. Gelukkig is hulle wat in u huis woon,waar hulle U deurentyd kan loof. Sela

6. Gelukkig is hulle wie se krag van U kom,wat hulle harte rigop ’n pelgrimstog.

7. Gaan hulle deur ’n droë vallei,word dit omskep tot ’n fonteinedal.Vroeë reëns bring vir hulle seëninge.

8. Hulle kragte sal vermeerdertot hulle in Sion voor God verskyn.

Lees volledige hoofstuk Psalms 84