Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 83:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Luister na die rumoer van u vyande!U haters het hulle teen U verset.

4. Hulle smee komplotte teen u volk,hulle maak planne teen hulle vir wie U beskerm.

5. “Kom,” sê hulle.“Laat ons hulle as nasie uitwissodat die naam van Israelnie meer onthou sal word nie.”

6. Hulle het eenparig saamgespan,en ’n verdrag teen U gesluit:

7. Dit is die Edomiete en Ismaeliete,Moabiete en Hagareërs,

8. Gebal, Ammon en Amalek,Filistea en die inwoners van Tirus.

Lees volledige hoofstuk Psalms 83