Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 83:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hulle het gesê:“Kom ons vat dit vir ons,hierdie land van God!”

14. My God, maak hulle soos ’n tolbos,soos kaf voor die wind.

15. Soos vuur ’n woud verteer,soos ’n vlam berge aan die brand steek,

16. agtervolg hulle só met u orkaan,verskrik hulle met u stormwind.

17. Maak hulle tot skande, Here,sodat hulle u Naam sal eer.

18. Laat hulle altyd beskaamden verskrik wees.Laat hulle verward wees en vergaan

19. sodat hulle kan weetnet u Naam is die Here,die Allerhoogste, oor die hele aarde.

Lees volledige hoofstuk Psalms 83