Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 81:8-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. In nood het jy geroep, en Ek het jou gered;uit ’n donderwolk het Ek geantwoord.By die waters van Meribahet Ek julle op die proef gestel. Sela

9. “Luister, my volk,Ek wil julle waarsku.Israel, as julle maar net na My wou luister!

10. Julle mag nie ’n ander god dien,of voor ’n vreemde god buig nie.

11. Want Ek is die Here julle Godwat julle uit Egipte gebring het.Maak julle mond wyd oop,dan sal Ek dit vol maak.

12. “Maar nee,my volk het nie geluister nie.Israel wou niks van My weet nie.

13. Daarom het Ek hulle laat begaan,hulle prysgegeeaan hulle koppigheidom te doen volgens hulle eie begeerte.

14. Ag, as my volk maarna My wou luister!As Israel net my weg wou volg!

15. Dan sal Ek gouhulle vyande onderwerp,hulle aanvallers eiehandig verslaan!”

16. Mag hulle wat die Here haat,voor Hom kruip.Mag hulle onderwerpingvir altyd geld.

17. Maar Hy sal julle versadigmet die beste koring.Ek sal julle versadigmet heuning uit ’n rots.

Lees volledige hoofstuk Psalms 81