Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 81:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Want dit is die instelling vir Israel,die voorskrif van die God van Jakob.

6. Dit is as ’n herinnering vir Josef bepaaltoe God teen Egipte opgetrek het.Ek het in ’n vreemde taal gehoor:

7. “Die las op jou skouerhet Ek afgehaal;jou hande kon die mandjie los.

8. In nood het jy geroep, en Ek het jou gered;uit ’n donderwolk het Ek geantwoord.By die waters van Meribahet Ek julle op die proef gestel. Sela

9. “Luister, my volk,Ek wil julle waarsku.Israel, as julle maar net na My wou luister!

10. Julle mag nie ’n ander god dien,of voor ’n vreemde god buig nie.

11. Want Ek is die Here julle Godwat julle uit Egipte gebring het.Maak julle mond wyd oop,dan sal Ek dit vol maak.

12. “Maar nee,my volk het nie geluister nie.Israel wou niks van My weet nie.

13. Daarom het Ek hulle laat begaan,hulle prysgegeeaan hulle koppigheidom te doen volgens hulle eie begeerte.

Lees volledige hoofstuk Psalms 81