Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 8:4-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Wanneer ek opkyk na die naghemelen ek sien die werke van u vingers,die maan en sterrewat U in hulle plekke geplaas het,

5. wat is die mens dat U aan hom dink,die mensdom dat U vir hulle omgee?

6. U het hom’n bietjie minder gemaakas hemelse wesens,en hom gekroon met roem en eer.

7. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het.U het vir hom mag gegee oor alle dinge:

8. skape en beeste, alles,en ook die wilde diere van die veld,

9. die voëls in die lug,die visse in die see,en alles wat swem deur die seestrome.

10. Here, ons God,hoe vol majesteit is u Naamoor die hele aarde!

Lees volledige hoofstuk Psalms 8