Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 8:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, ons Here,hoe vol majesteit is u Naamop die hele aarde!U heerlikheid is hoër as die hemele.

3. Kinders en babas besing u lof,want U het dié wat sterk is, bestraf,vyand en wreker stilgemaak.

4. Wanneer ek opkyk na die naghemelen ek sien die werke van u vingers,die maan en sterrewat U in hulle plekke geplaas het,

5. wat is die mens dat U aan hom dink,die mensdom dat U vir hulle omgee?

6. U het hom’n bietjie minder gemaakas hemelse wesens,en hom gekroon met roem en eer.

7. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het.U het vir hom mag gegee oor alle dinge:

8. skape en beeste, alles,en ook die wilde diere van die veld,

9. die voëls in die lug,die visse in die see,en alles wat swem deur die seestrome.

Lees volledige hoofstuk Psalms 8