Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 79:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. O God, heidense nasies het gekom,en u eie erfdeel binnegeval.Hulle het u heilige tempel verontreinigen Jerusalem ’n puinhoop gemaak.

2. Hulle het die lyke van u dienaarsvir die voëls gegee om te vreet,die vleis van u getroueswas kos vir wilde diere.

3. Hulle bloed het soos waterrondom Jerusalem gevloei,en daar was niemandom hulle te begrawe nie.

4. Ons is ’n bespotting vir ons bure,verag en gespot deur almal om ons.

5. Hoe lank nog, o Here?Sal U vir altydkwaad wees?Sal u jaloesie brand soos vuur?

6. Stort u toorn uit oor die nasieswat weier om U te erkenen oor koninkrykewat u Naam nie aanroep nie.

7. Want hulle het Jakob verslind,en sy woonplek verwoes.

Lees volledige hoofstuk Psalms 79