Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:3-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Wat ons gehoor het en wat ons weet,wat ons voorgeslagte ons vertel het,

4. verswyg ons nie vir ons kinders nie,maar vertel vir die volgende geslagvan die roemryke dade van die Here,van sy krag en van sy wonderdade.

5. Hy het voorskrifte aan Jakob gegee,en sy gebooie aan Israel.Hy het ons voorouers beveelom dit aan hulle kinders te leer

6. sodat die volgende geslag dit kan ken,en selfs die ongebore kindersweer húlle kinders kan leer.

7. So sal hulle op God kan hoop,die werke van God nie vergeet nie,maar sy bevele gehoorsaam

8. en nie soos hulle voorouers wees nie.Hulle is ’n ongehoorsame,opstandige geslag,wie se hart nie getrou was nie,wie se gees ontrou was aan God.

9. Die Efraimiete was goed bewapen,met boogskutters in hulle leër.Maar op die dag van die geveghet hulle omgedraai.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78