Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 75:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. “Die hoogmoediges het Ek gewaarsku:‘Hou op met julle grootpratery!’en vir die goddeloses:‘Moenie julleself verhef nie!

6. Moenie jou teen die hemel verhef,of aanmatigend praat nie.’”

7. Want uit die ooste of weste,of selfs uit die woestyn,kom daar geen verheffing nie.

8. Maar God is die regterwat verneder of verhef.

9. In sy hand hou die Heredie beker,gevul met bruisende wyn en kruie.Hy skink daaruit.Die goddeloses van die aardesal selfs die afsaksels moet drink.

10. Maar ek sal altyd getuig en singtot eer van die God van Jakob.

Lees volledige hoofstuk Psalms 75