Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Dink tog aan u gemeentewat U lank gelede gekies het,die volk gekoop as u eie erfenis,Sionsberg, waar U gewoon het.

3. Kom loop tog gou tussen die puinvan lank gelede,die puin van u heiligdomwat die vyand verwoes het.

4. Daar het die oorwinningskretevan u vyand weerklink,hulle vyand het gevegsbaniereopgerig.

5. Dit was asof mense,met byle omhoog,bome afkap in ’n digte bos.

6. Al die houtsneewerk het hullenou met byle en koevoete verpletter.

7. Hulle het u heiligdom verbrand,die woonplek van u Naam tot op die grond ontheilig.

8. Hulle sê vir mekaar:“Laat ons alles vernietig!”Toe verbrand hulle elke plek in die landwaar God vereer is.

9. Ons sien nie wondertekens nie;daar is geen profeet meer nie;en niemand by ons weetvir hoe lank nie.

10. Hoe lank, o God,sal ons vyande U bespot?Hoe lank sal hulle u Naam vir altyd beledig?

Lees volledige hoofstuk Psalms 74