13. Deur u krag het U die see verdeel,die koppe van seemonstersin die water vermorsel.
14. Die koppe van die Leviatanhet U verpletter.U het hom as kosvir die woestyndiere gegee.
15. U laat fonteine en strome vloei,en standhoudende riviere opdroog.
16. Selfs dag en nag behoort aan U;U het die son en maan gemaak.
17. U het die grense van die aarde bepaal,somer en winter het U gemaak.
18. Dink tog, o Here,hoe die vyand U bespot,hoe ’n dwase volk u Naam belaster.
19. Moenie die lewe van u duiweaan wilde diere gee nie.Moenie u verdrukte volkvir altyd vergeet nie.
20. Kyk tog na u verbond,want tot in die donkerste hoekiesis die aarde vol geweld!
21. Moenie dat die verdruktein skande omdraai nie.Laat die behoeftiges en armesu Naam liewer prys.