Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74:10-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hoe lank, o God,sal ons vyande U bespot?Hoe lank sal hulle u Naam vir altyd beledig?

11. Hoekom hou U u regterhand terug?Steek uit u hand en vernietig hulle!

12. U, o God, is van lankal af my koning,U bring redding op die aarde.

13. Deur u krag het U die see verdeel,die koppe van seemonstersin die water vermorsel.

14. Die koppe van die Leviatanhet U verpletter.U het hom as kosvir die woestyndiere gegee.

15. U laat fonteine en strome vloei,en standhoudende riviere opdroog.

16. Selfs dag en nag behoort aan U;U het die son en maan gemaak.

17. U het die grense van die aarde bepaal,somer en winter het U gemaak.

18. Dink tog, o Here,hoe die vyand U bespot,hoe ’n dwase volk u Naam belaster.

Lees volledige hoofstuk Psalms 74