Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:5-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hulle het nie sorge soos sterflinge,of teëspoed soos ander mense nie.

6. Daarom is trots hulle halssnoer;geweld is vir hulle soos ’n kleed.

7. Hulle uiterlike spel net voorspoed;hulle verwaandheid is grensloos.

8. Hulle spot en praat net kwaad;hooghartig dreig hulle met geweld.

9. Hulle lippe laster teen die hemelen hulle tonge spog op die aarde.

10. So draai sy volk na hulle toe,en neem alles in wat hulle sê.

11. “Besef God wat aangaan?” vra hulle.“Weet die Allerhoogste wat gebeur?”

12. Kyk, so is goddelose mense:altyd sorgvry,besig om rykdom te vermeerder.

13. Het ek dan tevergeefs die kwaad vermy,en my onskuld met ’n eed bevestig?

14. Die hele dag lank moes ek ly,elke oggend is ek opnuut gestraf.

15. As ek sou sê: “Ek sal só praat,”sou ek u kinders verloën het.

16. Ek het nagedink om dit te verstaan;tog was dit vir my ’n moeilike taak,

17. totdat ek ingegaan hetin die heiligdom van God,en die uiteinde gesien hetvan die goddeloses.

18. U plaas hulle op gladde plekkeen laat hulle verval tot ’n puinhoop.

19. In ’n oogwink is hulle vernietig,verslind deur verskrikking.

20. Soos ’n droom wat ophouwanneer ’n mens wakker word,so verdwyn hulle beeldwanneer U ontwaak, o Here.

21. Ek was verbitterd in my harten verskeurd in my binneste.

Lees volledige hoofstuk Psalms 73