Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Maar my voet het byna gestruikel.Ek het my vastrapplek byna verloor.

3. Want ek het die verwaandes beny,die goddeloses se voorspoed het ek gesien.

4. Hulle het geen lyding nie,en is vet en gesond.

5. Hulle het nie sorge soos sterflinge,of teëspoed soos ander mense nie.

6. Daarom is trots hulle halssnoer;geweld is vir hulle soos ’n kleed.

7. Hulle uiterlike spel net voorspoed;hulle verwaandheid is grensloos.

Lees volledige hoofstuk Psalms 73