Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. totdat ek ingegaan hetin die heiligdom van God,en die uiteinde gesien hetvan die goddeloses.

18. U plaas hulle op gladde plekkeen laat hulle verval tot ’n puinhoop.

19. In ’n oogwink is hulle vernietig,verslind deur verskrikking.

20. Soos ’n droom wat ophouwanneer ’n mens wakker word,so verdwyn hulle beeldwanneer U ontwaak, o Here.

21. Ek was verbitterd in my harten verskeurd in my binneste.

22. Ek was dwaas en onnosel;ek was dom soos ’n dier voor U.

23. Tog is ek nog altyd by U;U hou my regterhand vas.

24. U lei my met u raad,daarna sal U my opneemen in heerlikheid ontvang.

25. Wie het ek in die hemel behalwe U?Ook op aarde soek ek net vir U.

26. My liggaam en my hartkan kwyn,maar God is my blywende kragen my erfdeel vir altyd.

27. Dié wat ver van U is, sal omkom;dié wat ontrou is aan U, vernietig U.

28. Maar wat my betref,dit is vir my goed om naby God te wees!Ek het geskuil by die oppermagtige Here,en sal bly vertel van al u wonders.

Lees volledige hoofstuk Psalms 73