Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:12-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Kyk, so is goddelose mense:altyd sorgvry,besig om rykdom te vermeerder.

13. Het ek dan tevergeefs die kwaad vermy,en my onskuld met ’n eed bevestig?

14. Die hele dag lank moes ek ly,elke oggend is ek opnuut gestraf.

15. As ek sou sê: “Ek sal só praat,”sou ek u kinders verloën het.

16. Ek het nagedink om dit te verstaan;tog was dit vir my ’n moeilike taak,

17. totdat ek ingegaan hetin die heiligdom van God,en die uiteinde gesien hetvan die goddeloses.

18. U plaas hulle op gladde plekkeen laat hulle verval tot ’n puinhoop.

19. In ’n oogwink is hulle vernietig,verslind deur verskrikking.

20. Soos ’n droom wat ophouwanneer ’n mens wakker word,so verdwyn hulle beeldwanneer U ontwaak, o Here.

21. Ek was verbitterd in my harten verskeurd in my binneste.

22. Ek was dwaas en onnosel;ek was dom soos ’n dier voor U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 73