Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Waarlik, God is goed vir Israel,vir hulle wat suiwer van hart is.

2. Maar my voet het byna gestruikel.Ek het my vastrapplek byna verloor.

3. Want ek het die verwaandes beny,die goddeloses se voorspoed het ek gesien.

4. Hulle het geen lyding nie,en is vet en gesond.

5. Hulle het nie sorge soos sterflinge,of teëspoed soos ander mense nie.

6. Daarom is trots hulle halssnoer;geweld is vir hulle soos ’n kleed.

7. Hulle uiterlike spel net voorspoed;hulle verwaandheid is grensloos.

8. Hulle spot en praat net kwaad;hooghartig dreig hulle met geweld.

9. Hulle lippe laster teen die hemelen hulle tonge spog op die aarde.

10. So draai sy volk na hulle toe,en neem alles in wat hulle sê.

11. “Besef God wat aangaan?” vra hulle.“Weet die Allerhoogste wat gebeur?”

Lees volledige hoofstuk Psalms 73