Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 72:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Mag hulle U dienso lank as wat die son skyn,en die maan daar is,geslag na geslag!

6. Mag hy wees soos reën vir plante,soos reënbuie wat die aarde natmaak.

7. Mag regverdiges floreertydens sy bewinden voorspoed in oorvloed ontvangtot die maan nie meer daar is nie.

8. Mag hy regeer van see tot see,en vanaf die Eufraattot aan die eindes van die aarde.

9. Mag woestynbewonersvoor hom buig,sy vyande voor homin die stof kniel.

10. Mag die konings van Tarsisen die kuslandevir hom belasting betaal,die konings van Skeba en Sebavir hom geskenke bring.

11. Mag al die konings voor hom buig,en al die nasies hom eer bewys.

12. Ja, die armes wat roep, sal hy verlos,ook die verdrukte sonder helper.

13. Hy het medelye met swakkesen behoeftiges,en red die lewe van behoeftiges.

Lees volledige hoofstuk Psalms 72