Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 72:11-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Mag al die konings voor hom buig,en al die nasies hom eer bewys.

12. Ja, die armes wat roep, sal hy verlos,ook die verdrukte sonder helper.

13. Hy het medelye met swakkesen behoeftiges,en red die lewe van behoeftiges.

14. Uit onderdrukking en geweldsal hy hulle red,want hulle lewens is kosbaar vir hom.

15. Lank leef die koning!Mag hy goud uit Skeba ontvang.Mag mense gedurig vir hom biden die hele dag hom seën.

16. Mag daar volop graan weesin die land,en die bergtoppe daarvan wuif.Mag dit vrugbaar weessoos die Libanon,en mag die stede groeisoos gras op die veld.

17. Mag die koning se naam altyd onthou worden nooit vergeet wordso lank as die son daar is nie.Mag al die nasiesdeur hom geseën worden al die nasieshom geseënd noem.

18. Prys die Here God,die God van Israel!Net Hy doen wonderlike dade.

Lees volledige hoofstuk Psalms 72